Studies in the Scriptures

Tabernacle Shadows

 The PhotoDrama of Creation

 

Die Goddelike Plan van die Eeue

 

 Studie 6

ONSE HERE SE WEDERKOMS

DIE DOEL DAARVAN, DIE HERSTEL VAN ALLE DINGE

ONS HERE SE WEDERKOMS PERSOONLIK EN VOORMILLENNIAAL – SY VERWANTSKAP MET DIE EERSTE KOMS – DIE UITVERKIESING VAN DIE KERK EN DIE BEKERING VAN DIE WęRELD – UITVERKIESING EN VRYE GENADE – GEVANGENES VAN HOOP – PROFETIESE GETUIENIS AANGAANDE WEDEROPRIGTING  - ONS HERE SE WEDERKOMS  KLAARBLYKLIK DIE HOOP VAN DIE KERK EN DIE WęRELD

            ”En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. (Hand.3:20,21)

            Ons vermoed dat almal wat met die Bybel vertroud is, aanvaar en glo dat dit onse Here se wil was dat Sy dissipels moes verstaan dat Hy, vir ‘n spesifieke doel, en op ‘n spesifieke wyse, en op ‘n spesifieke tydstip, sou terugkeer. Dit is waar dat Jesus gesę het in Mat 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die węreld. Amen.“ en dat deur Sy Gees en deur Sy Woord was Hy nog altyd saam met Sy kerk. Tot nou toe het Hy Sy heiliges aanhoudend gelei, vir hulle riglyne gegee, vertroos en aangemoedig. Tussen al hulle beproewinge het Hy vir hulle bemoedig. Alhoewel die Kerk, op ‘n geseënde wyse, bewus is van die Here se kennis van al haar weë, en van Sy standvastige sorg en liefde, tog verlang sy na Sy beloofde persoonlike wederkoms. Ons weet dat, toe Hy gesę het, En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:3), het Hy sekerlik na ‘n tweede persoonlike koms verwys.

            Sommige dink dat Hy na die koms van die Heilige Gees op Pinksterdag verwys het, ander weer na die vernietiging van Jerusalem ens., maar hierdie mense ignoreer die feit dat, in die laaste boek van die Bybel, wat so sestig jaar na Pinkster en 26 jaar na die vernietiging van Jerusalem geskryf is, Hy wat dood was maar leef, vertel van die gebeurtenis wat nog in die toekoms was. Hy sę, (Open. 22:12)  ”En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.”  Die geďnspireerde Johannes het geantwoord, (Open. 22:20)  ”Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!“

            Daar is heelwat wat onder die indruk is dat wanneer sondaars tot bekering kom, dit deel uitmaak van die wederkoms van Christus, en dat Hy so herhaaldelik sal kom tot die hele węreld gered is. Dan, sę hulle, sal Hy ten volle gekom het.

            Diegene het klaarblyklik die getuienis van die Bybel hieroor vergeet. Dit verklaar die teenoorgestelde van hulle verwagtinge, naamlik dat ten tye van onse Here se wederkoms sal die węreld grootliks ongered wees. Ons lees in 2 Tim.3:1-4  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;“ en in v. 13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word“. Hulle vergeet die Meester se spesiale waarskuwing aan Sy klein kuddetjie, (Luk.21:34,35) Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.  Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Weereens mag ons gerus wees wanneer dit gesę word, “al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedry.” (Openb.1:7) wanneer hulle Hom sien aankom, maar geen melding van die bekering van sondaars gemaak word nie. Weeklaag  almal weens die bekering van sondaars?  Inteendeel, as hierdie stuk na Christus se teenwoordigheid op aarde verwys, soos byna almal aanvaar, dan leer dit dat almal op die aarde nie Sy verskyning sal liefhę nie. As hulle almal bekeerd was, sou hulle beslis Sy wederkoms liefgehad het.

            Sekere mense verwag ‘n letterlike koms en teenwoordigheid van die Here, maar stel die tyd vęr in die toekoms, en beweer dat dit deur die werke van die Kerk in sy huidige toestand is dat die węreld tot bekering gebring moet word, en daardeur die Duisendjarige Tydperk inlei. Hulle beweer dat wanneer die węreld tot bekering gebring is, Satan gebind is, die kennis van die Here oor die hele węreld vol is, en die nasies nie meer leer om oorlog te voer nie, dan sal die werk van die kerk in sy huidige situasie voldaan wees. Wanneer sy hierdie groot en moeilike taak volbring het, sal die Here kom om die aardse sake af te rond, gelowiges te beloon en sondaars te veroordeel.

            Sommige skrifture, as hulle in isolasie gelees word, blyk om hierdie siening te ondersteun, maar as God se Woord en Sy plan as ‘n geheel in oënskou geneem word, sal dit duidelik word dat hulle die teenoorgestelde siening ondersteun. Eerstens, sluit dit in dat Christus voor die bekering van die węreld sal kom, en dat die doel van Sy heerskappy die bekering van die węreld is. Tweedens word die Kerk nou op die proef gestel, en die beloning wat aan die oorwinnaars belowe word is dat, nadat hulle verheerlik word, hulle deel sal hę in die Here Jesus se heerskappy. Dit is God se vasgestelde middele waardeur die węreld geseën gaan word, en waardeur die kennis van die Here aan elke skepsel verkondig gaan word. Dit is die Here se spesiale beloftes: Open.20:4 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het”. En Open. 3:21  .....  en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank“.

            Ons gaan nou aan twee skrifte wat deur diegene wat beweer dat die Here se wederkoms eers na die millennium sal plaasvind, gebruik word, aandag gee. Die eerste een is: Matt.24:14  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele węreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.“ Hulle beweer dat dit op die bekering van die węreld voor die einde van die evangelietydperk, betrekking het.  Maar, om vir die węreld te getuig impliseer nie die bekering van die węreld nie. Die skrif sę niks van hoe die getuienis ontvang sal word nie. Hierdie getuienis is alreeds gegee. In 1861 het die Bybelgenootskappe verklaar dat die Bybel in elke taal op aarde gepubliseer is, maar nie al die miljoene mense van die aarde het dit ontvang nie. Nee, nie eers die helfde van die 1,600,000,000 wat destyds geleef het, het ooit die naam van Jesus gehoor nie.  Tog is die voorwaarde van die Skrif vervul: Die evangelie is alreeds in die hele węreld as ‘n getuienis aan elke nasie gepreek.

            In Hand.15:24, vertel die Apostel dat die hoofdoel van die evangelie in die huidige tydperk is ”om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem“. (Hand.15:14). Dit is die verowerende Kerk, wat, by Sy wederkoms, met Hom verenig sal wees, en Sy Naam ontvang. Die getuig aan die węreld gedurende hierdie tydperk is van sekondęre belang.

            Die ander Skrif is Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete“ Psa.110:1). Die vae, onbesliste gedagte aangaande hierdie Skrif blyk te wees dat Christus, iewerste in die hemele, op ‘n stoflike troon sit. Hy doen dit totdat die Kerk se taak om alle dinge te onderwerp voldaan is. Dan sal Hy kom om te heers. Hierdie is ‘n  misverstand. Die troon van God wat hier na verwys word is nie ‘n stoflike troon  nie. Dit verwys na Sy allerhoogste gesag en heerskappy. Die Here Jesus is tot ‘n deel in daardie heerskappy verhef.  Paulus verklaar, (Phi 2:9) Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is”. Aan Hom het Hy gesag gegee wat oor al die ander, behalwe die Vader, is. As Christus op ‘n stoflike troon sit, totdat Sy vyande vir Sy voete ‘n voetbank gemaak word (alles aan Hom onderwerp word), dan is dit vanselfsprekend dat voor alle dinge aan Hom onderwerp is, kan Hy nie kom nie. Maar, as “regte hand” in hierdie skrif  nie na ‘n vaste lokaliteit verwys nie, maar – soos ons beweer – na mag, gesag en heerskappy, dan volg dit logies dat die skrif onder ons aandag, geensins met die ander skrifte wat leer dat Hy kom sodat Hy ”ook alles aan Homself kan onderwerp” (Filip.3:21) in konflik kan wees nie. Hy doen dit kragtens die gesag wat in Hom berus.  Om te illustreer: Ons verklaar dat Kaiser Wilhelm op die troon is, maar ons verwys eintlik nie na Die koninklike sitbank, waarop hy selde sit, nie. Wanneer ons sę dat hy op dit troon is, bedoel ons dat hy oor Duitsland heers. Die regte hand het die betekenis van die hoofposisie, die posisie van voortreflikheid of guns, naas die hoof heerser.  Prins Bismarck was dus, deur die Duitse Kaiser verhewe, of aan die regte hand van gesag geplaas. Josef was ook aan die regte hand van Farao in die koninkryk van Egipte – nie letterlik nie, maar volgens beeldspraak. Jesus se woorde aan Kajafas bevestig hierdie gedagte: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel“ (Matt.26:64). Wanneer Hy kom, sal Hy aan die regte hand wees, en Hy sal gedurende die Millennium en vir ewig, aan die regte hand bly.

            Verdere ondersoek van God se onthulde planne gee vir ons ‘n breër sienswyse oor die onderwerp van altwee Sy eerste koms en Sy wederkoms. Ons moet onthou dat albei gebeurtenisse as dele van net een plan staan. Die spesifieke werk van die Eerste Koms was om die mensdom te verlos. Die werk van die wederkoms sal wees om die verlostes te herstel, seën en bevry. Nadat Hy Sy lewe as ‘n losprys vir almal gegee het, het ons Heiland hemel toe opgevaar om daardie losprys aan die Vader aan te bied, en daardeur vir die mensdom se onregverdigheid versoening te maak. Hy talm, en laat toe dat die ”owerste van hierdie węreld” met sy bose heerskappy kan aangaan. Dit sal tot na die uitverkiesing van ”die Bruid, die vrou van die Lam” voortduur.  Om waardig van so ‘n eer gereken te word, moet die bruid die invloede van die huidige bose węreld oorwin. Dan sal die werk begin waarmee die groot seën wat vir hulle deur Sy offer verseker was, aan die węreld gegee word, en Hy sal verskyn om al die geslagte van die aarde te seën.

            Dit is waar dat, toe die losprys deur die Verlosser betaal is, kon die herstel en seën onmiddellik begin. Dit sou beteken dat die koms van die Messias maar net ‘n enkele gebeurtenis sou wees, en die heerskappy en seën sou onmiddellik begin het, net soos die apostels eers verwag het (Hand.1:6). Maar God het ”iets beters oor ons beskik…” (Heb.11:40). Dit is hierom tot ons voordeel dat die heerskappy van Christus deur hierdie negentien eeue van die lyding van die Hoof, geskei word.

            Hierdie tydperk tussen die eerste koms en die wederkoms, tussen die verlossing vir almal en die seën vir almal, is vir die beproewing en uitverkiesing van die kerk, wat eintlik die liggaam van Christus is. Andersins sou daar net een koms gewees het, en die werk wat gedurende die tydperk van Sy tweede teenwoordigheid gedoen sal word – gedurende die Millennium – sou die opstanding van Jesus gevolg het. Andersins, instede daarvan om te sę dat die werk van die wederkoms onmiddellik die werk van die eerste koms sou gevolg het, laat ons dit eerder so stel:  As Jehova nie die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie” ”die liggaam van Christus” ten doel gehad het nie, sou die eerste koms nie op daardie tydstip plaasgevind het nie, maar sou ten tye van die wederkoms plaasgevind het, en daar sou maar net een koms gewees het. Dit blyk dat God die toelating van die boosheid vir sesduisend jaar beplan het, en dat die reiniging en herstelling van almal gedurende die sewende duisend jaar sal plaasvind.

            As ons dit so bekyk, het die koms van Jesus as die offer en losprys vir sondaars, net genoeg tyd toegelaat vir die uitverkiesing van die ”klein kuddetjie” van “mede-erfgename”  voor die seën en herstel van tyd. Dit sal God se waarskynlike vertraging om die beloofde seëninge, wat in die losprys voorsien word, gedeeltelik verklaar. Die seëninge sal op die gestelde tyd kom, soos in die begin beplan. Ons weet nou dat God ‘n wonderlike doel gehad het om die prys veel langer voor die mensdom dit sou verwag het, te voorsien.

            Die Apostel lig ons in dat Jesus, gedurende die hele tydperk tussen Sy opstanding en die begin van die tye van herstel – of die Millennium - van die aarde afwesig was. Handelinge 3:21 vertel ons,  Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge,“  Omdat die Skrifte ons leer dat die doel van die Here se wederkoms die wederoprigting van alle dinge is, en dat teen die tyd van Sy verskyning, die nasies so ver van bekering sal wees dat hulle eintlik kwaad en opstandig sal wees (Openb.11:18), moet ons erken dat, of die kerk haar missie nie sal bereik nie, en die plan van God tot dusver gedwarsboom sal wees, of, soos ons verklaar en eintlik bewys het, die bekering van die węreld nie in die huidige eeu van die kerk verwag word nie. Inteendeel, haar missie was om die Evangelie vir die hele węreld te preek, vir ’n getuienis, en om haarself, onder Goddelike leiding, vir haar groot werk in die toekoms, voor te berei. God het, tot nou toe, geensins Sy mag om die węreld te laat bekeer, uitgeput nie. Nee, nog meer. Hy het nog nie eers probeer om die węreld te laat bekeer nie.

            Vir sommiges mag dié  verklaring snaaks klink, maar diegene moet nadink dat, as God reeds so ‘n werk aangepak het, het Hy daadwerklik gefaal. Ons weet dat net ‘n baie klein gedeeltejie van die miljoene mense op aarde ooit op ‘n intelligente wyse die enigste Naam waardeur hulle gered moet word, gehoor het. Ons het maar net die sieninge en leringe van sekere van die voorste sektes kragtig verklaar. Onder andere behels dit die Baptiste, Presbiteriane, ens. Die boodskap is dat God besig is om ‘n klein kuddetjie” – ‘n Kerk – uit die węreld te kies of uitkies. Hulle glo dat God niks meer gaan doen as om die kerk te kies, maar ons sien dat die Skrif van ‘n verdere stap in die Goddelike plan leer – ‘n herstelling vir die węreld, wat deur die uitverkore kerk volbring gaan word, wanneer die kerk voltooi en verheerlik is. Die  klein kuddetjie” – die oorwinnaars – van hierdie Evangelietydperk, is maar net die liggaam van ”Die Saad” in of deur wie al die families op aarde geseën sal wees.

            Diegene was verklaar dat Jehova ses duisend jaar lank besig was om te poog om die węreld te laat bekeer, en nooit suksesvol was nie, moet dit moeilik vind om hulle siening te verenselwig met die Bybel se versekering dat al God se doele volbring gaan word, dat Sy Woord nooit aan Hom leeg sal terugkeer nie, en voorspoedig sal wees in alles waarnatoe dit gestuur is (Jes.55:12). Die feit dat die węreld nog nie tot bekering gebring is nie, en dat die aarde nog nie vol van die kennis van die Here is nie, is bewys dat dit nog nie op daardie missie gestuur is nie.

            Dit bring ons nou by die twee gedagterigtings wat eeuelank die Christene verdeel het, naamlik Uitverkiesing en Kostelose Genade. Geen Bybelstudent sal ontken dat altwee hierdie leerstellings Skriftuurlike ondersteuning het, nie, nieteenstaande hulle waarskynlike teenstrydigheid. Hierdie feit behoort ons onmiddellik te lei om te vermoed dat hulle, op een of ander wyse, albei waar moet wees. Onder geen omstandighede mag hulle vereenselwig word nie, behalwe deur die hemel se wet en orde in ag te neem, en die woord van die waarheid reg te sny. As hierdie orde – soos in die plan van die eeue uiteengesit – gehanthaaf word, sal dit vir ons duidelik aanwys dat, terwyl die uitverkiesing gedurende die huidige en vorige tydperke besig was om plaas te vind, wat, deur middel van onderskeiding, as God se genade aangewys is, eintlik God se welwillende voorsiening vir die węreld in algemeen gedurende die Duisendjarige tydperk is. As ons die kenmerkende eienskappe van die epogge en dispensasies – soos in ‘n vorige hoofstuk uiteengelę – in gedagte hou, en al die stukke wat met die Uitverkiesing en kostelose genade ondersoek en geplaas word, sal dit gevind word dat al die skrifte wat oor die Uitverkiesing handel, op die hede en verlede van toepassing is, terwyl diegene wat oor kostelose genade leer, ten volle op die toekomstige tydperk van toepassing is.

            Maar, die Uitverkiesing, soos in die Bybel geleer, is nie die arbitręre dwang, of fatalisme, wat gewoonlik deur sy ondersteuners geglo en geleer word nie. Dit is ‘n uitverkiesing volgens gepastheid en aanpasbaarheid vir die doel wat God beplan. Dit gebeur gedurende die tydperk wat vir die doel aangestel is.

               Die leerstelling van Kostelose Genade, wat deur die Arminieërs verkondig word, is ook ‘n uitstalling van God se oorvloedige genade wat veel groter is as wat deur sy mees ywerige voorstaanders ooit verkondig is. God se genade of guns in Christus is altyd kosteloos, in die sin dat dit onverdiend is, maar vandat  die mens in sonde geval het, tot vandag toe, is sekere van God se gunste tot spesiale individue, nasies en klasse beperk, terwyl, in die volgende eeu sal die hele węreld genooi word om die gunste wat dan aangebied gaan word, te deel. Die voorwaardes hiervoor sal dan aan almal bekendgemaak word, en almal wat wil mag kom en vrylik by die lewe se fontein drink (Open.22:17).

            As ons terugkyk sal ons die verkiesing of uitverkiesing van Abraham en sekere van sy nasaad as kanale waardeur die beloofde Saad, die Een wat al die families van die aarde sal seën, sou kom (Gal.3:29) sien. Ons neem ook kennis van die uitkies van Israel tussen al die nasies. Dit is die een in wie, op ‘n tipiese wyse, God geďllustreer het hoe die groot werk vir die węreld volbring gaan word, naamlik, hulle verlossing uit Egipteland, hulle Kanaän, hulle geloftes, hulle wette, hulle offers vir sondes vir die uitwissing van skuld, en vir die besprinkeling van die volk, en hulle priesterdom vir die volbringing van al hierdie dinge.  Dié  priesterdom was ‘n verteenwoordinging van die ware priesterdom en offers vir die reiniging  van die ganse mensdom. God het die mense aangespreek en gesę (Amos 3:2), Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde;” Hierdie volk alleen is erken, tot die koms van Christus, ja, en ook daarna, want Sy bediening was tot hulle beperk, en Hy het Sy dissipels belet om na ander toe te gaan.  Hy het gesę (Matt 10:5,6),  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesę: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie“. Waarom so, Here?  Omdat, antwoord Hy (Matt 15:24)Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.“  Hy het Sy tyd alleenlik aan hulle toegewy – tot Sy dood, en toe het Hy Sy eerste werk vir die węreld verrig. Dit was die eerste uitstalling van Sy kostelose en allesoorvloeiende genade wat, op die regte tyd, ‘n ware seën vir almal sal wees.

            Hierdie, God se wonderlikste gawe, was nie tot nasie of klas beperk nie. Dit was nie alleenlik vir Israel nie, maar vir die hele węreld, omdat Jesus Christus, deur die genade van God, het vir elke mens die dood gesmaak (Heb.2:9).

            En nou ook in hierdie Evangelietydperk is daar ‘n sekere soort uitverkiesing. Sekere dele van die węreld word meer as ander deur die evangelie (wat aan almal wat hoor kosteloos is) bevoordeel. Kyk sydelings na ‘n węreldkaart, en sien hoe klein is die gedeelte wat deur die Evangelie van Christus merkbaar verlig of geseën is.  Vergelyk uself – met u voorregte en kennis – met die miljoene mense wat vandag in heidense duisternis verkeer, wat nooit die roep gehoor het nie, en daarom nooit geroep is nie. Wanneer die uitgeroepte geselskap (geroep om seuns van God te wees, erfgename van God en mede-erfgename van Jesus Christus onse Here – wie hulle roeping en uitverkiesing verseker het) voltallig is, dan sal die plan van God vir die węreld se saligheid, maar net in die beginstadium wees.

            Die Saad sal die slang se kop verbrysel, maar nie voor hulle uitverkies, ontwikkel en tot die posisie van mag verhewe is nie. En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbryse“ (Rom.16:20; Gen.3:15). Die Evangelietydperk berei die kuis maagd  – die getroue Kerk – vir die komende Bruidegom voor.  Dan, aan die einde van die eeu, wanneer sy ”gereed” is (Open.19:7), sal die Bruidegom arriveer, en dié wat gereed is sal saam met Hom na die bruilofsmaal toe gaan. Die tweede Adam en die tweede Eva word een, en dan begin die heerlike werk van herstelling. In die volgende dispensasie – dié van die nuwe hemel en die nuwe aarde – sal die Kerk nie meer die verloofde maagd wees nie, maar die Bruid. Op die stadium gebeur dit: (Rev 22:17)   En die Gees en die bruid sę: Kom! En laat hom wat hoor, sę: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.“

            Die Evangelietydperk, in stede daarvan dat dit die missie van die Kerk tot ‘n einde bring, is maar net die nodige voorbereiding vir die groot werk van die toekoms. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe, ..... en wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God (Open.8:22,19). En dit is ‘n geseënde feit dat kostelose genade in onse Vader se plan voorsien word. Dit is nie net vir die wat lewe nie, maar ook vir diegene wat gesterf het, as die geseënde geleentheid van die komende eeu. 

            Sommige mense, wie ‘n gedeelte van die seën wat bedoel is vir die tyd van die Wederkoms kan raaksien, en wie – tot ‘n sekere mate – die feit waardeer dat die Here kom om die wonderbaarlike seën wat deur Sy dood gekoop is, te skenk, kyk hierdie laaste stelling mis. Hulle besef nie dat diegene wat al klaar in die grafte is, net soveel in die heerlike heerskappy van die Messias belangstel as diegene wie op dié tydstip nie heeltemal onder die gebondenheid van verdorwenheid – die dood – is, belangstel, nie. Maar, net so seker soos wat Jesus vir almal gesterf het, so ook moet hulle almal die seëninge en geleenthede wat Hy met Sy eie kosbare bloed gekoop het, ontvang. Om dié rede moet ons verwag dat almal wat in die graf is, sowel as almal wat teen daardie tyd nog lewe, seëninge in die Milleniale eeu sal ontvang. As ons dieper in die Here se getuienis oor hierdie onderwerp kyk, sal ons volop bewyse ontdek. God se plan vir die vrylating van diegene wat in die graf lę, is die rede dat hulle ”gevangenes van hoop” genoem word.

            Dit word geskat dat sowat een honderd drie en veertig miljard mense in die tydperk van die ses duisend jaar sedert Adam se skepping, op die aarde geleef het. Van hierdie, is die heel beste redelike skatting van hoeveel van hulle heiliges van God was, minder as een miljard. Hierdie breë skatting los die enorme getal van een honderd, twee en veertig miljard (142,000,000,000) mense wat sonder geloof en hoop in die enigste naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word, (Hand.4:12), in die graf beland het. Inderdaad, die ontsaglike meerderheid van hierdie mense het nooit Jesus geken of eers van Hom gehoor, nie. Hoe kon hulle in Hom van Wie hulle nooit gehoor het nie, geglo het?

            Ons vra, Wat het van die ontsaglike menigte, van wie die syfers ‘n heeltemal onvoldoende begrip gee, geword?  Wat is hulle toestand, en wat gaan dit wees? Het God geen voorsiening vir hulle – wie se toestand en omstandighede Hy moes voorsien het - gemaak nie? Of het Hy, soos baie van Sy kinders beweer, ‘n ellendige en genadelose voorsiening vir hulle hopelose, ewige foltering gemaak? Of het Hy, in die hoogtes, dieptes en breedtes van Sy plan, ‘n geleentheid vir hulle almal om tot die kennis van daardie enigste Naam, en deur gehoorsaamheid aan die voorwaardes, die ewige lewe te geniet, vir hulle gebęre?

            Daar is ‘n verskeidenheid antwoorde op hierdie vrae wat elke denkende Christen vir homself vra, en waarop hy om ‘n betroubare antwoord te kry wat in harmonie is met die karakter van Jehova, verlang:

            Ateďsme antwoord: Hulle is vir ewig dood. Daar is geen hiernamaals nie. Hulle sal nooit weer lewe nie.

           Calvinisme antwoord: Hulle is nie uitverkies om te lewe nie. God het hulle voorbeskik en voorbestem om verlore te wees – om hel toe te gaan. Hulle is nou daar, waar hulle in onuithoubare pyn wring. Hulle sal vir ewig daar wees – sonder hoop.

            Arminianisme antwoord: Ons glo dat God baie, weens hulle onkunde, sal verskoon. Diegene wat, volgens hulle beperkte kennis, hulle bes gedoen het, kan seker wees dat hulle deel van die ”Kerk van Die Eersgeborene” sal uitmaak, al het hulle nooit van Jesus gehoor nie.

            Die meerderheid Christene uit alle denominasies ondersteun die laaste siening, al is die geloofsbelydenisse van sommige hiermee teenstrydig. Die rede is dat daar ‘n gevoel is dat enige ander siening onversoenbaar met God se geregtigheid sal wees. Maar ondersteun die Skrifte hierdie laaste siening? Leer hulle dat onkunde ‘n grondbeginsel vir saligheid is? Nee! Die enigste grondbeginsel vir die saligheid wat in die Skrifte gemeld word is geloof in Christus as ons Verlosser en Heer. Efes. 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof.“ Regverdiging deur die geloof is die grondleggende beginsel van die hele sisteem van die Christendom. Toe die apostels gevra is, Wat moet ek doen om gered te word?“, het die apostels geantwoord, ”Glo in die Here Jesus Christus.”  (Act 4:12) “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” (Rom 10:13)  Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

            Maar Paulus redeneer dat ‘n man die evangelie moet hoor alvorens hy gered kan word, en hy het verklaar (Rom 10:14), Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?“ Party mense beweer dat Paulus leer dat onkunde mense sal red wanneer hy verklaar (Rom 2:14): Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;“ Hulle haaal hieruit dat die wet wat hulle gewete voorsien, genoegsaam is om hulle te regverdig. Maar sulke persone verstaan Paulus verkeerd. Sy argument is dat die hele węreld voor God skuldig staan (Rom.3:19); dat die Heidene, wie nie die geskrewe wet besit het nie, deur die lig van die gewete, verdoem en nie geregverdig is nie. Of die lig van die gewete hulle verskoon het, of  aangekla het,  het dit bewys dat hulle onvolmaak was, en die lewe onwaardig, net soos die Jode wie die geskrewe wet besit het daardeur verdoem is; (Rom. 3:20) want deur die wet is die kennis van sonde.“ Die wet wat aan die Jood gegee is het sy swakheid ontblood, en het ten doel gehad om vir hom te wys dat hy nie in staat was om homself voor God te regverdig nie. Die rede? ”Deur die werking van die Wet sal geen vlees in die oë van God geregverdig wees nie.”  Die geskrewe Wet het die Jode veroordeel, en die Heidene het genoegsame gewete gehad om hulle te veroordeel.  Hierdeur is elke mond verhinder om die reg op die lewe te eis, en die hele węreld staan skuldig voor God. 

            As ons die verklaring van Jakobus (2:10) onthou, dat al sou iemand die hele wet onderhou en in een ding oortree, dan is hy nog skuldig, en kan nie enige seëning wat deur die Wetsverbond belowe is, eis nie, dan besef ons dat Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie“ (Rom.3:10). Die Skrifte maak dus elke deur van hoop toe, behalwe een, en bewys dat nie een van die veroordeeldes deur goeie werke die ewige lewe kan verdien nie, en dat dit net so betekenisloos is om onkunde as basis van saligheid te eis. Onkunde kan nie enigeen aanspraak op die beloning van geloof en gehoorsaamheid gee nie.

            Baie Christene wat onwillig is om te glo dat so baie miljoene onkundige babas en heidene vir ewig verlore gaan wees, dring daarop aan, ongeag hierdie verklarings in die Bybel, dat God nie die onkundiges sal veroordeel nie. Hulle is geleer dat die veroordeeldes na ‘n plek van ewige en hopelose pyniging gestuur gaan word. Ons admireer hulle milddadigheid van hart, en hulle waardering van God se goedheid, maar spoor hulle aan om nie haastig te wees om Bybelse verklarings te ignoreer nie. God het ‘n seëning vir almal, op ‘n beter wyse as deur onkunde.

            Maar tree hierdie mense op volgens hulle verklaarde geloof? Nee! Alhoewel hulle beweer dat hulle glo dat  die onkundiges – weens hulle onkunde – gered gaan word, hou hulle aan om sendelinge na die heidene toe te stuur, en dit kos duisende waardevolle lewens en miljoene geldeenhede. As hulle almal - of selfs net die helfde daarvan – deur onkunde gered sal word, dan, om sendelinge na hulle toe te stuur om hulle van Christus te vertel, doen hulle positiewe skade aan, want omtrent net een uit ‘n duisend glo wanneer sendelinge die Woord aan hulle verkondig. As hierdie gedagte korrek is, sou dit baie beter gewees het om hulle in hulle onkunde te los want dan sal ‘n baie groter getal gered word? As ons hierdie redenasie verder volg, sal dit nie logies wees om te beweer dat as God almal in onkunde gelos het, sou almal gered gewees het. As dit so was, sou die koms en dood van Jesus geen doel gedien het nie. Die prediking en lyding van die apostels en heiliges sou ook tevergeefs gewees het. In dié geval sou die sogenaamde evangelie, in stede daarvan om goeie nuus te wees, baie slegte nuus wees.  Die stuur van sendelinge na die heidene  deur diegene wat die Calvinistiese of fatalistiese siening van uitverkiesing glo, naamlik dat die ewige eindstemming van elke individu onveranderlik bepaal is nog voor hy bestaan het, is nog meer absurd en onredelik.

            Maar die Bybel, wat vol van die gees van evangelisasie is, leer nie dat daar verskeie weë van saligheid is nie. Daar is nie een weg deur geloof, en een weg deur werke en ook een weg deur onkunde nie. Dit leer ook nie die doktrine van fatalisme – die weg wat God onteer – nie. Terwyl dit elke ander deur van hoop, teen die wedloop as toe aanwys, gooi dit die een en enigste deur wawyd oop, en verklaar dat enigeen wat wil, in die lewe mag ingaan. Dit wys ook dat almal wat nie op die tydstip die geseënde voorreg om binne te kan gaan, kan sien of waardeer nie, mettertyd tot die volle kennis en waardering sal kom. Die enigste weg waardeur enigeen of almal uit die veroordeelde ras, tot God mag kom, is nie deur goeie werke nie, ook nie deur onkunde nie, maar alleenlik deur geloof in die kosbare bloed van Christus wat die sonde van die węreld wegneem (I Pet.1:19; Johan 1:29). Dit is die Evangelie, die goeie tyding van groot blydskap, wat aan Alle Mense gerig gaan wees.

           Kom ons kyk na hierdie dinge net soos God vir ons van hulle vertel, en los die verheldering van Sy karakter aan Hom oor. Laat ons vra, Wat het met die een honderd twee en veertig miljarde gebeur?

            Wat ook al hulle oorgekom het, kan ons seker wees dat hulle nie in ‘n toestand van lyding is nie. Die Skrifte leer nie alleenlik dat die volle en volledige beloning net by Sy wederkoms – wanneer Hy elke mens sal beloon (Matt. 16:27) aan die kerk gegee is, nie, maar ook dat die onregverdiges op daardie tydstip hulle straf sal ontvang.  Wat ook al hulle huidige toestand is, kan dit nie hulle volle beloning wees nie, want Petrus verklaar, ”die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;“ (2 Pet. 2:9). Hy sal dit doen!

            Die gedagte dat so baie van ons medeskepsels ooit weens gebrek aan die kennis wat vir die saligheid nodig is, verlore mag gaan, is - vir almal wat self ‘n klein vonkie van liefde of  meegevoel het - inderdaad hartseer.  Daarbenewens is daar baie skrifte wat klaarblyklik onmoontlik is om met al hierdie te harmoniseer. Kom ons kyk. In die lig daarvan dat die verlede en die hede die enigste geleenthede vir die saligheid is, en die opsysit van alle hoop op restitusie in die komende eeu, hoe sal ons die volgende verklarings verstaan? ”God is liefde” (I Joh.4:8) en  ”Want so lief het God die węreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hę” (Joh.3:16). As God die węreld so lief gehad het, sou dit nie redelik gewees het nie om te verwag dat Hy voorsiening sou gemaak het, nie alleenlik dat gelowiges gered mag word nie, maar ook dat almal mag hoor sodat hulle kan glo?

            Weereens, wanneer ons lees dat Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die węreld.“ (Joh.1:9), sę ons ondervinding, Nee, dit is nie so nie, want nie al die mense is verlig nie, en ons kan nie sien dat ons Here meer as ‘n paar van die aarde se miljarde verlig het nie. Selfs in hierdie relatief verligte tydperk, wys miljoene heidene geen teken van verligting nie. So ook met die Sodomiete en groot skares ander gedurende afgelope eeue.

            Ons lees dat, deur die genade van God, Jesus Christus, vir elke mens, die dood  gesmaak het (Heb.2:9).  Maar, as Hy vir 143 000 000 000 die dood gesmaak het, en vir watter rede ookal die slagoffer vir net een miljard werkdadig geword het, was die verlossing nie ‘n relatiewe mislukking nie? En, in dié geval, is die Apostel se verklaring nie te breed nie?  En weereens, wanneer ons, in Luk 2:10 ”want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,lees, maar wanneer ons om ons kyk, en sien dat net vir ‘n klein kuddetjie was dit goeie tydinge, en nie vir alle mense nie, sou ons verplig wees om te wonder of die engele nie die goedheid en breedte van hulle boodskap vergroot het nie. Dit sou ook die belangrikheid van die werk wat deur die verkondigde Messias verrig sou word, bevraagteken.

            Daar is nog ‘n verklaring by I Tim.2:5,6. ”Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal.”  ‘n Losprys vir almal?  As dit so is, waarom sal al die betrokkenes  nie etlike voordeel uit Christus se dood trek nie? Waarom kan nie almal tot ‘n kennis van die waarheid kom, en sodoende glo, nie?

            Sonder die sleutel is hierdie verklarings baie donker en  onbestaanbaar. Maar, as ons die sleutel tot God se plan vind, dan verklaar al hierdie skrifte met een stem, ”God is Liefde.” Die sleutel lę in die laaste deel van die Skrif wat hierbo aangehaal is - ”wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,“  God het ‘n regte tyd vir alles. Hy kon hierdie aan hulle gedurende hulle leeftyd getuig het, maar omdat Hy dit nie gedoen het nie, bewys dit dat hulle regte tyd nog in die toekoms is. Vir diegene wat deel van die Kerk, die bruid van Christus, gaan uitmaak, en in die eer van die koninkryk gaan deel, is die hede die ”regte tyd” om te hoor, en wie ook al nou ‘n oor het om te hoor, laat hom hoor en oppas. Dan sal hy ooreenkomstig geseën word.  Alhoewel Jesus ons losprys voor ons gebore is  betaal het, was dit eers baie jare daarna ons ”regte tyd” om daarvan te hoor. Alleenlik die waardering daarvan het verantwoordelikheid gebring. Daarbenewens gebeur dit net volgens ons vermoë en waardering. Dieselfde beginsel is op almal van toepassing.  Op God se regte tyd sal dit aan almal getuig word, en dan sal almal die geleentheid hę om te glo, en daardeur geseën te word.

            Die heersende opinie is dat die dood alle proeftyd beëindig, maar daar bestaan nie so ‘n Skrif  wat dit leer nie.  Al die Skrifte wat hierbo aangehaal is, en vele meer, sou betekenisloos gewees het, of nog erger, as die dood die einde van alle hoop vir die onkundige skares van die węreld, sou beteken. Die een Skrif wat aangehaal is om hierdie algemeen aanvaarde opinie te bewys, is „Op die plek waar die boom val, daar bly hy lę (Pred.11:3). As hierdie Skrif enige verwysing na die mens se toekoms bevat, dan dui dit aan dat - wat ook al die mens se toestand wanneer hy die graf ingaan, is – totdat hy daaruit wakker word, sal geen verandering plaasvind nie. Dit is die standaard lering van alle Skrifte wat op hierdie onderwerp betrekking het, soos in opvolgende hoofstukke uiteengelę gaan word. Omdat God nie beplan om die mens as gevolg van onkunde te red nie, maar wil hę dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.“ (I Tim.2:4), en omdat miljarde mense in onkunde gesterf het, en omdat  “daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.“ (Pred.9:10), het God, volgens kennis, geloof en saligheid vir die ontwaking van die dooies voorberei. Om hierdie rede is Sy plan dat “soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde  (1Co 15:22,23) – die Evangeliekerk, die Bruid, die liggaam van Christus, eerste. Daarna, gedurende die Millennium, sal dit die regte tyd wees - vir almal wie gedurende die tydperk van die duisend jaar van Sy teenwoordigheid, Syne word – om Hom te leer ken. Dit is vir almal, groot en klein (I Kor.15:22). Die woord ”teenwoordigheid” word dikwels as ”koms” vertaal.

            Soos die dood deur die eerste Adam gekom het, so kom die lewe deur Christus, die tweede Adam. Alles wat die mensdom, omdat hulle in die eerste Adam was, verloor het, sal aan diegene wat in die tweede Adam glo, herstel word. Wanneer hulle opgewek word, met die voordeel van ervaring met die bose, wat Adam ontbreek het, mag diegene wat dankbaar die verlossing as God se gawe aanvaar, voortduur om vir ewig te lewe, met die oorspronklike voorwaarde van gehoorsaamheid. Onder die regverdige heerskappy van die Vredevors sal volmaakte gehoorsaamheid vereis word, en volmaakte vermoë om gehoorsaam te wees sal gegee word. Hierdie is die saligheid wat aan die węreld aangebied word.

            Laat ons nou nog ‘n Skrif in ag neem – een wat algemeen deur almal behalwe Universeeliste geďgnoreer word. Alhoewel ons nie Universeeliste is nie, eis ons die reg om elke getuienis in God se Woord te gebruik en glo, en daaroor te juig. Dit lees, ”omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowig” (I Tim.4:10). God wil alle mense red, maar sal nie  (“tot die uiterste”) enigeen red nie behalwe diegene wat deur Christus na Hom toe kom. God se arbitręre saligheid vir alle mense is nie iets wat met hulle vryheid van wil, of hulle vryheid van keuse, sal bots nie. Dit sal nie, teen hulle wil, die ewige lewe vir hulle gee nie. ”Die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe“ (Deut.30:19).

            Simeon het hierdie twee salighede vergelyk, en verklaar, (Luk.2:30-32) omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke— ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel[iete voorwaar]“. Hierdie is in harmonie met die verklaring van die apostels, dat, OP DIE REGTE TYD die feit dat Jesus Christus, die Middelaar, Homself as ‘n losprys gegee het, aan almal getuig sal word. Hierdie sal aan alle mense toe kom, afgesien van geloof of wil op hulle part. Hierdie goeie nuus van ‘n Saligmaker sal vir alle mense wees (Luk.2:10,11), maar die buitengewone saligheid van sonde en dood sal   alleenlik na Sy volk toe kom  (Matt.1:21) – diegene wat in Hom glo – want ons lees dat die toorn van God sal op die ongelowige bly rus (Joh.3:36).

            Ons sien dus dat die algemene saligheid, wat na elke persoon toe sal kom, uit lig van die ware lig, en die geleentheid om die lewe te kies, bestaan. Omdat die groot meerderheid mense al in die graftombes is,  sal dit nodig wees om hulle uit die grafte te bring sodat aan hulle oor die goeie tydinge van ‘n Messias getuig kan word.  Hulle moet ook vertel word dat die besondere saligheid wat gelowiges in hoop geniet (Rom.8:24), en die wesenlikheid waarvan gedurende die Millennium, ook aan diegene wie in die dag glo, geöpenbaar gaan word, ‘n volle verlossing uit die slawejuk van sonde, en die verdorwenheid van die dood, in die heerlike vryheid van die kinders van God, is. Maar die bereik van al hierdie seëninge sal van die hartlike inwilliging met die wette van Christus se Koninkryk afhang. Die spoed waarmee volmaaktheid hierin bereik word sal aanduiding gee van die mate van liefde vir die Koning en vir Sy wet van liefde.  As enigeen wat deur die Waarheid verlig is, en tot ‘n kennis van die liefde van God gebring is, en na menslike volmaaktheid herstel is (óf wesenlik, óf geskat), vreesagtig word, of ontrek (Heb.10:38,39), dan sal hulle, saam met die ongelowiges (Open.21:8) uit die volk vernietig word (Hand.3:23). Dit is die tweede dood.

            Ons sien dus dat al hierdie moeilike Skrifte, deur die verklaring, ”Die getuienis op die regte tyd” verduidelik word. Op Die Regte Tyd sal daardie ware lig elke mens wat in die węreld ingekom het, verlig. Op die regte tyd sal dit wees, “Goeie tyding van groot blydskap vir die hele volk.” Op geen ander wyse kan hierdie skrifte verstaan word, sonder dat hulle verdraai word nie. Paulus beklemtoon hierdie rigting van redenasie in Rom.5:18,19. Hy redeneer dat, omdat almal weens Adam se oortreding tot die dood veroordeel is, so ook het Christus se geregtigheid en gehoorsaamheid tot die dood toe, die basis van regverdiging geword. Soos almal in die eerste Adam die lewe verloor het, so ook kan almal – behalwe uit persoonlike tekortkoming – deur die tweede Adam te aanvaar, die lewe ontvang.

            Petrus het vertel dat hierdie restitusie deur die monde van al die heilige profete verkondig is (Hand.3:19-21).  Hulle verkondig dit almal. Esegiël praat van die vallei van droë gebeendere, hierdie bene is die hele huis van Israel“ (Eseg.37:11). En God sę aan Israel (Eseg.37:12-14), ”Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel. En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!  En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.“

            Paulus se woorde in Rom.11:25-26 getuig saam. ”dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene“ (die uitverkore geselskap, die bruid van Christus) ”ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word“ of uit hulle verwerpte toestand teruggebring word. Onthou, ”God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie” (Rom.11:2). Tydens die uitverkiesing van die bruid van Christus, is hulle uit Sy guns verwerp, maar wanneer daardie werk vervul is, sal hulle herstel word (Rom.11:28-33). Die profete verklaar oor en oor hoe God hulle weer sal plant, om nooit weer uitgeruk te word nie. ”So spreek die HERE, die God van Israel: .... en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.   En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart” (Jer.24:5-7; 31:28; 32:40-42; 33:6-16). Hierdie verklarings kan onmoontlik verwysings na die herstel uit vorige ballingskappe in Babilon, Sirië ens. wees nie, want sedert hierdie profesies gegee is, is die volk verskeie kere uitgeruk.

            Weereens, sę die HERE, ”In dié dae sal hulle nie meer sę nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Maar elkeen” (wie sterf) sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; (Jer.31:29,30). Dit is nie nou die geval nie. Nie almal sterf vir hulle eie sondes nie, maar vir Adam se sonde. ”Want soos hulle in Adam almal sterwe” (I Kor.15:22). Hy het die suur druiwe van sonde geëet, en ons vaders het aangehou om hulle te eet, en sodoende, verdere siektesw en ellende op hulle kinders gebring, en daardeur die straf van die dood verhaas. Die dag wanneer  elkeen” (wie sterf) alleenlik weens sy eie ongeregtigheid sterwe“ is die Millenniale dag, of die dag van Restitusie.

            Alhoewel dit blyk dat baie van die profesies en beloftes van toekomstige seën allenlik op Israel van toepassing is, moet dit onthou word dat Israel ‘n tipiese volk was. Om dié rede is die beloftes wat aan hulle gemaak is – terwyl hulle soms spesiale betekenis ook vir hulle self gehad het – het gewoonlik ook aan die hele węreld van die mensdom wie Israel getipeer het, ‘n wyer toepassing gehad. Israel, as ‘n volk, het die hele mensdom getipeer, en sy priesterdom was tipies van die uitverkore ”klein kuddetjie” – die hoof en liggaam van Christus – die Koninklike Priesterdom. Die slagoffers, reinigings, versoenings wat vir Israel gemaak is, het die ”beter slagoffers” getipeer – m.a.w die voller reiniging en ware versoening ”vir die sondes van die hele węreld” waarvan hulle deel uitmaak.

            God meld die name van ander nasies ook, en belowe ook hulle restourasie. ‘n Kragtige illustrasie hiervan is die Sodomiete. Sekerlik, as ons  sien dat die restitusie van die Sodomiete duidelik geleer word, sal ons maklik die waarheid van hierdie heerlike leerstelling van die Restitusie vir die hele mensdom aanvaar.  Dit kom uit die mond van die heilige profete. En waarom sal die Sodomiete nie ook ‘n kans gegun word om volmaaktheid en die ewige lewe te bereik nie – saam met Israel en enigeen van ons? Dit is waar dat hulle nie regverdig was nie, maar Israel was ook nie regverdig nie. Ons wat die evangelie nou hoor was ook nie regverdig nie. (Rom 3:10) “soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.“ Natuurlik sluit hierdie verklaring nie vir Jesus in nie, want Hy het vir almal gesterwe. Die Here Jesus se eie woorde vertel ons dat alhoewel God vuur uit die hemel op Golgota laat val het, en hulle almal weens hulle boosheid vernietig het, tog was die Sodomiete se sondes, in die oë van die Here, nie so groot soos dié van die Jode nie, want die Jode het groter kennis gehad (Gen.19:24; Luk.17:29). Aan die Jode by Kapérnaüm het Hy gesę (Mat 11:23) want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.“

            Hierdeur leer die Here vir ons dat die Sodomiete nie ‘n volledige geleentheid gehad nie, maar Hy waarborg vir hulle so ‘n geleentheid wanneer Hy sę (v. 24), ”Maar Ek sę vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.”  Die karakter van die Oordeelsdag en sy werke gaan in die hieropvolgende bladsye uiteengelę word. Hier vestig ons net die aandag op die feit dat dit ‘n draaglike tyd vir Kapérnaüm gaan wees, maar tog meer draaglik  vir Sodom, want al het nie een van hulle volle kennis, of die seën wat bepaal was om deur die ”Saad” te kom, gedra nie, tog het Kapérnaüm teen groter lig gesondig.

            Verder, as Kapérnaüm en die hele Israel onder die ”Nuwe Verbond” onthou en geseën gaan word, deur die bloed van Jesus verseel, hoekom moet die Sodomiete nie ook onder ”al die families van die aarde” geseën word nie? Sekerlik sal hulle wees. Dit moet ook onthou word dat omdat God  vuur op Sodom laat val en hulle almal vernietig het, baie eeue voor Christus se dag, wanneer hulle restorasie gaan plaasvind, impliseer dit hulle ontwaking, hulle verskyning uit die graf uit.

            Kom ons ondersoek nou die profesie van Eseg. 16:48-63. Lees dit baie sorgvuldig. God praat hier van Israel en vergelyk haar met Samaria asook met die Sodomiete van wie Hy sę, ”.... het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim”. Nóg Jesus, nóg die Profete bied enige verklaring aan oor die waarskynlike ongelykheid van God se hantering waardeur Hy Sodom vernietig het, maar ander wat meer skuldig as Sodom was, het Hy ongestraf gelos. Dit sal alles, op die ”Regte Tyd,” verduidelik word, wanneer Sy groot ontwerpe onthul word. Die profeet sę eenvoudig dat God ”goed gedink het” om so te doen, en Jesus voeg by dat dit vir hulle op die Oordeelsdag meer draaglik gaan wees as vir ander wat meer skuldig is. Maar in verband met die veronderstelling dat die dood alle hoop op ‘n toekomstige redding beëindig, en dat daarna niemand die geleentheid sal hę om ‘n kennis van die waarheid te bekom en te gehoorsaam nie, mag ons wel vra, ”Waarom het God goedgedink om hierdie mense weg te neem, sonder om hulle toegang tot die saligheid deur die kennis van die enigste Naam waardeur ons gered moet word, te gee?” Die antwoord is omdat dat dit nog nie hulle regte tyd was nie. Op die ”Regte Tyd” sal hulle uit die dood uit wakker gemaak word, en tot ‘n kennis van die waarheid gebring word, en hierdeur, saam met al die families van die aarde, deur die beloofde ”Saad”, geseën word. Hulle sal dan verhoor word aangaande die ewige lewe.

            Met hierdie gedagte, en met geen ander nie, kan ons die onderhandelinge van die God van liefde met die Amalekiete en ander nasies wie Hy toegelaat het, om deur Sy bevele aan Israel, om vernietig te word, verstaan.  Hy het die bevel gegee (I Sam.15:3): ”Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.“  Hierdie waarskynlike roekelose vernietiging van lewe blyk onversoenbaar te wees met die karakter van liefde wat aan God toegeken word, asook met die lering van Jesus, soos, bv. „Julle moet julle vyande liefhę” (Matt.5:44).  Maar dan erken ons die sistematiese order van God se plan, die ”Regte Tyd” vir die vervulling van elke aspek daarvan, en die feit dat elke lid van die mensdom deel het daaraan.

            Ons kan nou sien dat daardie Amalekiete, Sodomiete en ander volke aangebied is as voorbeelde van God se regverdige woede, en Sy vasberadenheid om kwaaddoeners vir eens en vir altyd uit te wis. Hierdie voorbeelde is nie net vir ander mense voordelig nie, maar ook vir hulself wanneer hulle dag van oordeel verskyn. Daardie mense mag net sowel op daardie wyse gesterf het, as van siekte of plaag. Vir hulle was dit eintlik onbelangrik, want hulle was maar net besig om die bose te leer ken, sodat wanneer hulle, op die regte tyd, voor die oordeelsbank staan, hulle regverdigheid mag leer, en sal kan diskrimineer, die goeie kies en sodoende lewe kan hę.

            Laat ons die profesie verder ondersoek. Nadat die HERE Israel met Sodom en Samaria vergelyk het, en Israel as die mees skuldig verklaar het (Eseg.16:48-54), sę Hy, ”En Ek sal hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters, en die lot van Samaría en haar dogters; en Ek sal jou lot verander tussen dié twee in;“ Die lot wat hier na verwys word moet hulle gevagenisskap in die dood wees, want diegene wat vermeld word was alreeds dood. In die dood is almal gevengenisse, en Christus kom om die deur van die graf te open enom vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep“ (Jes.61:1; Sag.9:11). In vers 55 word dit ’n terugkeer na hulle vorige toestand, genoem – ’n restitusie.

            Sommige, wie bereid is om, onder groter lig en kennis, God se genade deur Christus te ontvang in die uitwissing van hulle eie oortredinge en swakhede, kan nie begryp dat dieselfde guns ook aan ander onder die Nuwe Verbond beskikbaar is nie.  Tog aanvaar hulle blykbaar die verklaring van die Apostel dat Jesus Christus, deur die guns van God, die dood namens elke mens, gesmaak het. Daar is diegene wat voorstel dat, in hierdie profesie, die Here ironies die Jode aanspreek, en hierdeur impliseer Hy dat Hy net so graag die Sodomiete as hulle sou terugbring, maar dat Hy geen voornemens gehad het om enigeen van hulle te restoreer nie.  Maar kom ons kyk hoe die daaropvolgende verse met hierdie gedagte ooreenkom. Eseg.16:60-63 heet, Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou ‘n ewige verbond oprig.  Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie. En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die HERE is; sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE.“ Wanneer ‘n belofte deur die Groot Jehova  onderteken is, mag almal wat verklaar het dat God Waaragtig is, met vertroue in die sekerheid daarvan jubel. Dit is veral vir diegene wat besef dat  hierdie seëninge van die Nuwe Verbond deur God in Christus – Wie se kosbare bloed die verbond sal seel - bevestig is, waar.

            Paulus voeg sy getuienis by, en verklaar (Rom.11:26-29) en so sal die hele Israel [lewendes en dooies] gered word [van blindheid herstel], soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;  en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.....bemindes ter wille van die vaders.  Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.“

            Ons hoef nie verbaas te wees nie dat Jode, Sodomiete, Samaritane en die hele mensdom beskaamd en verstom gaan wees wanneer God, in Sy eie regte tyd, die rykdom van Sy guns tentoonstel. O ja, baie van diegene wat nou God se kinders is, sal beskaamd en verstom wees wanneer hulle sien hoe God die węreld so lief gehad het, en tot op watter mate Sy gedagtes en planne bokant hulle s’n was.

            Oor die algemeen glo Christene dat God se seëninge almal en alleenlik vir die uitverkore Kerk is, maar nou begin ons besef dat God se plan wyer is as wat ons gemeen het, en dat alhoewel Hy aan die Kerk die grootste en kosbare beloftes geskenk het,“ het Hy ook vername voorsiening gemaak vir die węreld wat Hy so lief gehad het dat Hy dit verlos het. Die Jode het ‘n soortgelyke fout gemaak toe hulle aangeneem het dat al God se beloftes alleenlik aan en vir hulle bedoel is.  Maar, toe die ”Regte Tyd” aangebreek het, en die Heidene bevoordeel is, het die oorblyfsel van Israel, wie se harte groot genoeg was om in hierdie wyer bewys van God se genade te juig, gedeel in die vermeerderde guns, terwyl die ander deur die bevooroordeling en menslike tradisie verblind is.  Laat diegene van die Kerk wie nou die verheldering van die lig van die Millenniale  Eeu – met sy genadiglike voordele vir die hele węreld – gewaar, versigtig wees, sodat hulle nie in opposisie teen die opkomende lig gevind word nie. Anders sal hulle moontlik tydelik teen sy heerlikheid en seëninge geblind word.

            God se heerlike plan vir die uitverkiesing, nou, van net min uitverkorenes, sodat die seën van menigtes hierna kan plaasvind, verskil van die verdraaiing van hierdie waarhede soos deur die twee teenoorgestelde sieninge – Calvinisme en Arminianisme – verteenwoordig. Die eerste een ontken die Bybelse leerstelling van Kostelose Genade en verdraai verskriklik die heerlike leerstelling van die Uitverkiesing. Die tweede een ontken die leerstelling van die Uitverkiesing, en faal daarin om die geseënde volheid van God se Kostelose Genade te begryp.

            Calvinisme sę: God is die wysheid self. Hy het die einde van die begin af geken, en al Sy doelstellings sal vervul word. Hy kon nooit bedoel het om meer as maar net ‘n paar – die Kerk – te red nie. Hierdie het Hy uitverkies en vooruit verorden om tot in alle ewigheid gered te wees. Net so was al die ander vooruit verorden en uitverkies om in die ewige pyniging te beland. “Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.” (Hand.15:18)

            Hierdie seining het sy goeie aspekte. Dit erken God se alwetendheid. Dit sou ons ideaal van ’n Groot God wees, was dit nie vir die gebrek aan twee essensiële eienskappe van Grootheid nie, naamlik liefde en geregtigheid. Nie een van hierdie twee word deur die geboorte van 142 000 000 000 skepsels wat nog voor hulle geboorte na ewige marteling verdoem was, en met verklarings van Sy liefde gespot, uitgebeeld nie. Omdat God liefde is, en geregtiheid die grondlegging van Sy troon is, kan Sy karakter nie so wees nie.

            Arminianisme sę: Ja, God is liefde, en deur die mensdom in die węreld in te bring het Hy geen kwaad aan hulle bedoel nie – net goed. Maar satan het dit reggekry  om die eerste paar in die versoeking te bring, en daardeur het sonde in die węreld ingekom, en deur die sonde, die dood. Sedertdien het God aangehou om alles in sy vermoë te doen om die mensdom van sy vyand te verlos, selfs deur die opoffering van Sy Seun. En alhoewel die evangelie – ses duisend jaar later – maar net ‘n klein gedeeltetjie van die mensdom bereik het, tog hoop en vertrou ons dat voor nog ses duisen jaar verby is, sal God, deur die energie en vrygewigheid van die Kerk, hierdie boosheid wat deur satan  ingebring is, uitgewis het, sodat almal wat dan lewe ten minste Sy liefde sal ken en ‘n geleentheid gegun word om te glo en gered word.

            Alhoewel hierdie siening  God as vol liefdevolle en goedgunstige bedoelings vir Sy skepsels voorstel, tog impliseer dit ‘n  gebrek aan die genoegsame vaardigheid en voorkennis van God vir die vervulling van Sy welwillende planne, en dat Hy ‘n gebrek aan wysheid en mag het. Uit hierdie standpunt sou dit voorkom asof, terwyl God besig was om alles vir die beswil van Sy nuutgeskape kinders te bewerkstellig, het satan ingeglip en deur een meesterlike optrede al God se planne tot so ‘n mate omvęr gegooi dat, selfs deur al Sy krag op te gebruik, moet God 12 000 jaar spandeer om regverdigheid te herstel, selfs tot so ‘n mate dat  die oorblywendes van die mensdom wat nog newe die geleentheid gegun sal word om eweneens tussen goed en kwaad te kan kies.  Maar die 142 000 000 000  van die afgelope 6 000 jaar, en net soveel van die volgende, is, volgens hierdie siening, en ten spyte van God se liefde vir hulle, tot in alle ewigheid verlore omdat  satan met Sy planne gepeuter het. Op hierdie wyse sal satan duisende na die ewige pyniging dompel vir elkeen wat God tot heerlikheid red.

            Hierdie siening moet die mensdom se gedagtes aangaande die wysheid en mag van satan verhewig, en hulle skatting van hierdie eienskappe in God verlaag, al het die Psalmdigter verkondig (Psa.33:9), want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. Maar nee, God was nie verbaas nie, en ook nie deur die vyand tersyde gestel nie. Satan het ook geensins God se planne gedwarsboom nie. God is, en was altyd, die volmaakte meester van elke situasie, en dit sal ten einde gesien word dat alles altyd, ter vervulling van Sy doeleindes, saamgewerk het.

            Terwyl die leerstellings van uitverkiesing en kostelose genade, soos deur Calvinisme en Arminianisme geleer, nooit, met rede, met mekaar of met die Bybel, vereenselwig kan word nie, tog is hierdie twee heerlike Bybelse leerstellings totaal in harmonie en skoon, soos van die standpunt van die plan van die eeue gesien.

            Siende dan dat so baie van die groot en heerlike eienskappe van God se plan vir die mensdom se saligheid uit sonde en dood in die toekoms lę, en dat die wederkoms van ons Here Jesus die voorafbeplande eerste stap is in die vervulling van daardie seëninge wat al lankal belowe en verwag is, sal ons nie meer ywerig na die tyd van Sy wederkoms uitkyk as wat die minder ingeligte Jood na Sy eerste koms uitgesien het, nie? Aangesien die tyd van boosheid, ongeregtigheid en die dood, deur die heerskappy van mag wat Hy dan gaan beoefen, tot ‘n einde gebring gaan word, en dat geregtigheid, waarheid en vrede universeel gaan wees, wie sal nie juig om Sy dag te sien nie? En wie wat nou saam met Christus ly, geďnspireer deur die kosbare belofte dat ”As ons verdra, sal ons met Hom regeer,” (2 Tim.2;12) sal nie sy hoof optel en juig as gevolg van enige bewys van die aankoms van die Meester nie? U sien, hierdeur weet ons dat ons verlossing en verheerliking saam met Hom nou nader trek.  Sekerlik sal almal wat met Sy sending van seëning en Sy gees van liefde simpatiek is, sal elke aanduiding van Sy wederkoms groet, want dit is ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,” (Luk.2:10)

 
Illustrated 1st Volume
in 31 Languages
 Home Page Contact Information